Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Begraafplaas, Mamre " deur DANIEL HUGO
" Begraafplaas, Mamre " deur DANIEL HUGO [boodskap #102810] Di., 03 Mei 2005 21:43
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4785
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
BEGRAAFPLAAS, MAMRE
Daniel Hugo

1
party met 'n kopsteen soos 'n gewel
rus die broeders en die susters hier:
kompleet Mikro-huisies teen die heuwel

11
in die teenwoordigheid van die dood
glo ons graag in die Hierna:
dat daar 'n oortog sal wees
op 'n drywende kruis of 'n kano

maar geloof alleen
is dalk nie genoeg nie
daarom plaas ek 'n muntstuk
op die gehawendste grafsteen

as 'n aalmoes of obool
vir die onsalige siel
wat nog duskant ronddool
Vorige onderwerp: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 00:01:55 UTC 2025